Gobabis is in die sop met water

Gobabis is in die moeilikheid met water. Otjiverodam staan op 6,2 persent met die twee Viljoendamme by Gobabis wat 21,9 en 3,9 persent vol is. NamWater het onlangs gesê hy sal die dorpsraad bystaan met boorgate ontgin indien hy gevra word. Kosmos 94.1 Nuus het met die dorpsraad se skakelbeampte Frederick Ueitele, gepraat.