ANC se ondersteuning op 33%

ʼn Nuwe studie deur die instituut vir ʼn inklusiewe samelewing toon dat alhoewel die ANC se ondersteuning tot 33 persent getuimel het, kan dit dalk steeds volgende jaar ʼn regering vorm. ʼn Meerderheid vir die party is egter onwaarskynlik. Die onafhanklike dinkskrum se uitvoerende hoof, Daryl Swanepoel, sê indien 43 persent geregistreerde kiesers stem, kan die ANC 48 persent kry. Dit beteken hulle kan ʼn koalisieregering vorm met die GOOD Party, of een of twee kleiner partye. Hy sê die EFF sal moontlik die grootste vordering maak in 2024, veral as meer jong kiesers registreer.