GOAN hou in Mei jaarvergadering

Verskeie boereverenigings in die land het navraag gedoen oor die vordering van die Gun Owners’ Association of Namibia, oftewel GOAN. Die vereniging is in 2019 gestig om die belange van die Namibiese wapen-eienaars te beskerm. Die huidige voorsitter, Kallie Venzke, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hul algemene jaarvergadering vind op 12 Mei in die hoofstad plaas.