SAPS maskerverskaffer skuldig aan pryslading

Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika verwelkom die Mededingingstribunaal se besluit waarin bevind word ‘n verskaffer aan die polisie, Tsutsumani Business Enterprises, is skuldig aan buitensporige pryse of pryslading. Dit oortree artikel 8 van die Wet op Mededinging. Die tribunaal het bevind Tsutsumani het die pandemie-krisis uitgebuit deur die polisie tydens die streng inperking in April 2020 16,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand te vra vir die voorsiening van maskers ter waarde van 500 000 rand. Tsutsumani is die hoogste administratiewe boete van 3,4 miljoen rand opgelê.