GIPF reageer op Amupanda se nuwe aantygings

Die uitvoerende hoof van die Staatsinstellings Pensioenfonds, David Nauyoma wou nie kommentaar lewer op aantygings deur Job Amupanda dat daar 30 miljoen Namibiese dollar by die fonds gesteel is en dat ‘n verdere vier personeellede geskors is nie. Die plasing op sy sosiale media het betrekking tot die fondse wat na bewering gesteel is van weeskinders se rekening. Nauyoma sê hy kan nie kommentaar lewer nie omdat die saak sub judice is maar vra dat mense met inligting na vore moet tree.