Wêreld se grootste binneshuise vertikale boerdery begin in die VSA

AeroFarms, met sy hoofkantoor in die Amerikaanse deelstaat, New Jersey, het die wêreld se grootste binnenshuise vertikale boerdery begin. Die projek van 714 miljoen Namibiese dollar is gegrond op ʼn tegnologiese benadering tot boerdery, bekend as beheerde omgewingslandbou. Die mede-direkteur van die Controlled Environment Agriculture Innovation-sentrum in Danville, Virginia, Mike Evans, sê volgens hierdie metode word die optimale toestande vir groei bereik deur temperatuur, humiditeit, lugvloei, ligintensiteit en -duur, en watertoevoer te beheer.