GIPF gaan nuwe kantoorkompleks in Noorde bou

Die Staatsinstellings Pensioenfonds, GIPF gaan ‘n nuwe kantoorkompleks teen ‘n koste van 38,3 miljoen Namibiese dollar op Ondangwa in die Oshana-streek bou. GIPF, die grootste pensioenfonds in Namibië, het ‘n lidmaatskapbasis van byna 146 000 aktiewe lede landwyd. Nillian Mulemi, die voorsitter van die GIPF-raad, sê die fonds wend pogings aan om sy bedrywighede te desentraliseer om dienste vir al sy lede landwyd toeganklik te maak.