Gibeon steek kers op by Stad Windhoek

Die Voorsitter van die Gibeon Nedersettingsraad, Sharon Bezuidenhoudt, het by Stad Windhoek gaan hulp aanklop om die uitdagings van die nedersetting in die Suide te takel. Sy het volgens Namibiese media vandag ‘n welwillendheidsbesoek by die Adjunk-burgemeester, Clemencia Hanases, afgelê.