Nam-SA grense word soos rooilyn hanteer, vleis, suiwel word gekonfiskeer

Vragmotorbestuurders kla dat Namibiese grensbeamptes hulle vleis en suiwelprodukte, wat hulle vir eie gebruik in hulle vragmotors is, konfiskeer. Kosmos 94.1 Nuus het talle oproepe van ontstoke bestuurders ontvang in die verband. Op die oomblik hanteer Namibië sy grens met Suid-Afrika op dieselfde manier as wat die veterinêre kordonheining hanteer word as gevolg van die bek-en-klouseer in die buurland. Dr. Albertina Musilika-Shilongo verduidelik dat dit vir enige vervoer oorgrens is, nie net vragmotors nie.