Vennootskap met Tottenham Hotspur is om SA toerisme te bevorder

Die waarnemende uitvoerende hoof van Suid-Afrikaanse Toerisme, Themba Khumalo, sê hulle voorgestelde vennootskap met Tottenham Hotspur is ‘n stap om toerisme na die land te verbeter. Dit volg op onthullings dat die vennootskap byna een miljard Suid-Afrikaanse rand sal kos. Khumalo sê die doel is om internasionaal te belê om internasionale reisigers na Suid-Afrika te lok om die toerismesektor en die ekonomie ‘n hupstoot te gee.