Banjul-hawe in Gambië brei uit

Die Afrika Ontwikkelingsbank het toelae van meer as 350 miljoen Namibiese dollar goedgekeur vir die vierde uitbreiding van die hawe van Banjul in Gambië. Die projek sal ook 7,9 miljoen dollar kry van die Africa Adaptation Acceleration-program. Die gevorderdste klimaat-ontledings sal gebruik word om die uitwerking van ‘n fisiese klimaat-risiko vir die infrastruktuur van die hawe te bepaal en die moontlikheid van aanpassings-beleggings te ondersoek om dit in staat te stel om die krisis te weerstaan