Gholf: Christiaan Burke tevrede met sy debuut by St. Andrews

Gholf: Die Nieu-Seelander Ryan Fox het die Alfred Dunhill Links-kampioenskap by St. Andrews in Skotland met een hou gewen voor die Sweed, Alex Noren, en Callum Shinkwin van Engeland. Die Suid-Afrikaner Christiaan Burke het gesamentlik in die 48ste plek klaargemaak op drie onder baansyfer en sê hy is tevrede met sy debuut in hierdie toernooi.