NLU se Landbou-vooruitskouingskonferensie vind Woensdag plaas

Die Namibiese Landbou-unie nooi die publiek uit na hul langverwagte Landbou-vooruitskouingskonferensie wat Woensdag in die hoofstad plaasvind. Die landbouminister, Calle Schlettwein, is een van die gassprekers. Die president van die NLU, Piet Gouws, sê aan Kosmos 94.1 Nuus op watter kwessies en nuwe toekomsmarkte die konferensie sal fokus.

Die NLU se suster-unies, die NNFU, NECFU en die PDNFU sal ook teenwoordig wees.