Ghana gaan groen met befondsing van Afrika Ontwikkelingsbank

Die Afrika Ontwikkelingsbank het ‘n toekenning van 527,2 miljoen Namibiese dollar vir Ghana goedgekeur om hernubare energie-infrastruktuur te bou wat tot 2030 sy hernubare energieverbruik met tien persent sal verhoog. Die befondsing, wat uit die Klimaat-beleggingsfonds se opskaling-program vir hernubare energie in lae-inkomstelande sal kom, sal die bouwerk aan mini-netwerke, alleenstaande sonkrag-stelsels en sonkrag-gebaseerde battery-geriewe vir die berging van oortollige krag ondersteun. Die projek bestaan uit die ontwerp, ingenieurswese, verskaffing, bou, installering, toetsing en ingebruikneming van hernubare energiestelsels op die eiland-gemeenskappe in die Voltameer-streek.