Dr. Kawana: Misdaadbekamping ‘n prioriteit

Die begroting van die verskillende Namibiese ministeries en departemente word steeds in die Nasionale Vergadering bespreek. Die ministeries lê hul begrotings ter tafel en soek goedkeuring van parlementslede oor waarop hulle die geld wil bestee. Vandag het die minister van veiligheid en sekuriteit, Dr. Albert Kawana sy begroting ter tafel gelê. Sy ministerie het 4 miljard Namibiese dollar vir die bekamping van misdaad begroot.