Krieket: Markram opgewonde oor laaste wedstryd

Krieket: Die T20-reeks tussen Suid-Afrika en die Windies word vanaand afgesluit met die derde en beslissende wedstryd op die Wanderers in Johannesburg. Die tuisspan sal poog om op die momentum voort te bou van hulle ongelooflike oorwinning Sondag toe hulle ʼn wêreldrekord-teiken van 259 bereik het. Die T20-kaptein, Aiden Markram, is opgewonde om in ʼn beslissende wedstryd te speel.