Gewelddadige aanvalle in Mpumalanga

Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Daphney Manamela , het ’n beroep gedoen op inwoners van Emalahleni en die omliggende gebiede, om hulle van geweld te weerhou. Haar oproep volg nadat vier vragmotors en twee bakkies vroeër die week na bewering deur gemeenskapslede aan die buitewyke van Vosman in Emalahleni aan die brand gesteek is. Talle ander voertuie is met klippe bestook terwyl mense amok gemaak het oor die gebrek aan elektrisiteit in gebiede soos Emsagweni. Die polisiewoordvoerder, Donald Mdhluli, sê hulle bly op hoë ‘n gereedheidsgrondslag in die gebied.