Krieket: Kaptein van Pretoria Capitals vier sege

Die derde SA20 wedstryd is Donderdagaand in Gqeberha gespeel en die Pretoria Capitals het die Oos-Kaap Sunrisers met 23 lopies geklop. Philip Salt se on oorwonne 77 het die Capitals na 193 vir ses geneem, terwyl die tuisspan op 170 vir vyf vasgeval het. Die kaptein van Pretoria Capitals, Wayne Parnell, sê dit is ‘n goeie begin vir die toernooi.