Meer as 11 000 verloor werk in 2020

Covid het veroorsaak dat 11 210 werksverliese van 983 werkgewers in die afgelope finansiële jaar aangeteken is. Terwyl werksverliese die uitdagings van werkloosheid vererger, is daar ander kwessies verbonde. Die Namibiese Ministerie van Finansies het vroeër aangekondig dat die Ontvanger meer as 2 miljard Namibiese doller verloor het tydens die pandemie. Dit sluit verliese in individuele inkomste en korporatiewe belasting in. Individuele belasting betalers het ongeveer 12,7 miljard doller in 2020-2021 betaal, 10,3 persent minder as in die vorige jaar terwyl maatskappye, wat alle mynbedrywighede uitsluit, amper 16 persent minder belasting betaal het. BTW inkomste het ook met 30 persent gedaal tot 8,1 miljard doller.