Gewapende man beroof vrou glo van kontant in hoofstad

Die bestuurder van Janeels Financial Services in die hoofstad is glo deur ‘n gewapende man beroof nadat sy kontant by die bank getrek en oorkant haar werkplek in Dr. Theo-Ben Gurirabstraat afgelaai is. ‘n Man met ‘n pistool het glo uit ‘n swart sewe-sitplekvoertuig met die registrasienommer N 211585 S gespring en haar beveel om die sak met geld te laat val toe sy oor die straat loop. Hy het haar glo gedreig om te skiet waarna sy die sak neergegooi het. Hy na bewering die vrou op die grond gedruk en ‘n ander man het uitgespring en die sak gegryp. Hulle het glo weggejaag in die rigting van Cymot en in Sam Nujoma-rylaan ingedraai.