Pakistanse ekstremiste dood na besetting van polisiekantoor

Die Pakistanse ministerie van verdediging sê veiligheidsmagte het ‘n polisiekantoor teruggeneem wat beset is en  al 33 ekstremiste doodgemaak. Die Islamitiese ekstremiste van die Pakistanse Taliban het die sentrum in die afgeleë noordwestelike Bannu-distrik beset, terwyl verskeie mense, insluitend veiligheidsbeamptes, in die gebou was. Alle gyselaars is bevry, twee spesiale maglede is dood en 10 tot 15 weermaglede is beseer. Die voorval het plaasgevind te midde van ‘n vlaag dodelike aanvalle in Pakistan, op veral die veiligheidsmagte.