SA voedselstelsels moet beskerm word

Wetenskaplikes het die belangrikheid beklemtoon dat Suid-Afrika stelsels in plek moet hê om sy voedselstelsels te beskerm. Tydens die bekendstelling van die National Biosecurity Hub in Pretoria, is klem gelê op die noodsaaklikheid om navorsing te doen oor bekende en ontluikende bio-sekerheidsbedreigings. Die spilpunt sal dien as ‘n platform wat sal reageer op peste en siektes wat Suid-Afrika se plant- en dieregesondheid bedreig. Die direkteur van biotegnologie van die departement van wetenskap en innovering, Maneshree Jugmohan-Naidu, sê die spilpunt wil ook mededingendheid en volhoubaarheid ondersteun, asook bio-sekerheidstelsels versterk.