Getuienis in verkragtingsaak teen biskop Stephen Zondo begin

Getuienis in die verkragtingsaak teen biskop Stephen Zondo het vandag by die hooggeregshof in Pretoria begin. Die eerste getuie beweer die leier van die Rivers of Living Waters Church het haar by drie geleenthede seksueel aangerand toe sy sewe jaar oud was. Hy het haar familie na bewering ‘n huis, vee en 25-duisend-rand kontant aangebied om die aanklagte teen hom te laat vaar. Die 46-jarige vrou ontken bewerings dat sy hom probeer afpers het vir geld. Zondo staan tereg op 10 aanklagte, insluitend verkragting, regsverydeling en onsedelike aanranding.