Arbeidsministerie stel maatreëls in teen vertragings van arbeidsdispute

Die Namibiese arbeidsminister, Utoni Nujoma, sê sy ministerie doen alles in hul vermoë om vertragings tydens die proses van arbeidsdispuut-oplossings uit te wis. Van die maatreëls sluit in die aanstelling van geskikte arbitrators, verbeterde skedulering- en verhoorprosedures en gereelde opleiding vir arbitrators. Hy het gesê die deelname van privaat regspraktisyns en konsultante in die arbitrasieproses, is dikwels ‘n groot rede vir die vertragings.