Kaapstad se burgemeesterskomitee aangekondig

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die lede van sy burgemeesterskomitee aangekondig. Die nuwe onder-burgemeester, Eddie Andrews, sal verantwoordelik wees vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing. Die nuwe komiteelede is Theresa Uys vir Korporatiewe Dienste, Patricia van der Ross vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Siseko Mbandezi vir Finansies en Beverley van Reenen vir Energie. Zahid Badroodien skuif na Water en Afval terwyl Malusi Booi, JP Smith, James Vos, Rob Quintas en Grant Twigg in hulle posisies aanbly. Hill-Lewis sê dít is die span om voorkeurkwessies te takel.