Gestremdes word agtergelaat in inentings in Australië

‘n Konsepverslag deur Australië se koninklike kommissie oor gestremdhede toon die Covid-19-inentingsprogram van dié land se gesondheidsdepartement skiet ernstig te kort vir mense met gestremdhede. Die verslag het drie probleme blootgelê rondom die beskikbaarheid van inentings vir gestremdes. Dit sluit in versuim om gestremdes oor die strategie vir die program te raadpleeg; ‘n gebrek aan deursigtigheid in sy besluitnemingsprsses en versuim om inligting oor die program maklik verstaanbaar te maak. Die kommissie is bekommerd dat mense met gestremdhede nie voldoende teen Covid-19 beskerm is nie, terwyl sekere state beplan om hul beperkings te verslap.