Covax moet prosedures aanpas vir billike verspreiding

Die Covax-fasiliteit, wat daargestel is om billike verspreiding van die Covid-entstof wêreldwyd moontlik te maak, sal sy prosedure vir die verskaffing van entstof aanpas nadat dit aan die lig gekom het dat hy in Maart, terwyl Brittanje reeds helfte van sy bevolking met ‘n eerste spuit ingeënt het, ‘n verdere half miljoen dosisse Pfizer na Brittanje versend terwyl Botswana, wat nog nie eers sy veldtog van stapel gestuur het nie, 20 000 dosisse ontvang het. Ander arm lande het ook baie minder as Brittanje gekry. Daar word berig dat Covax se metodologie om inentings te versend net volgens bevolking werk en nie volgens hoeveel landsburgers reeds ingeënt is nie.