Gestremde Tongaanse man oorleef tsunami

‘n Tongaanse man het 27 uur lank geswem nadat verlede Saterdag se tsunami hom in die see laat beland het. Hy word nou beskryf as ‘n regte, lewende Aquaman. Die 47-jarige Lisala Folau is gestrem en loop moeilik. ‘n Groot brander het hom die see ingespoel. Hy het aan die Tongaanse media vertel hoe hy dit reggekry het om stadig die sewe-en-‘n-half-kilometer te swem om die kus van die hoof-eiland, Tongatapu, Sondagnag te bereik. Die vulkaan wat uitgebars het, het die dood van ten minste drie mense veroorsaak en het die meeste huise op verskeie eilande beskadig.