Hardapdam is 75,3% vol, kry steeds invloei

Die Hardapdam was teen vroeg vanoggend 75,3 persent vol met ‘n invloei van 434 kubieke meter per sekonde. Water word steeds teen 400 kubieke meter per sekonde uit die dam vrygelaat. Die dam se sluise word sedert die 2006-vloede op 70 persent van sy kapasiteit getrek.