Junior Proteas kwalifiseer vir kwarteindronde van Wêreldbeker

Krieket: Die Junior Proteas het vir die kwarteindronde van die Onder-19 Wêreldbeker kwalifiseer nadat hulle Ierland gisteraand in Trinidad en Tobago geklop het. Suid-Afrika se kaptein George van Heerden het gelei met sy briljante honderdtal wat sy span van ‘n oorwinning van 153-lopies verseker het. Hy het 111 lopies van 93 balle geslaan, terwyl Dewald Brevis 96 bygedra het tot Suid-Afrika se totaal van 315 vir sewe. Hierna het hulle Ierland vir 158 uitgeboul in ‘n wedstryd wat weens reën beperk is tot 47 boulbeurte per span. Die kwarteindronde-wedstryde begin Dinsdag.