‘Gesondheidsversekering is nie wonderkuur nie, dis ‘n begin’

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla, sê die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering is een van die mees revolusionêre stukke wetgewing sedert die aanbreek van demokrasie. Die Nasionale Vergadering het die wetsontwerp wat universele mediese dekking vir almal wil bewerkstellig, gister deurgevoer. Phaahla sê hy aanvaar die versekering is nie die wonderkuur wat al die land se gesondheidsprobleme gaan oplos nie, maar is die nodige grondslag waarop gebou moet word vir ‘n progressiewe verbetering van toegang met gehalte en gelykheid: