Uerikua verwelkom sluiting van grense

Die goewerneur van die Otjozondjupa-streek, James Uerikua verwelkom die besluit van die Namibiese Akkerbouraad om die grense vir die invoer van elf akkerbou-produkte tot 30 Junie te sluit. Die grense is toe vir botterskorsie, kool, komkommers, soetrissies uie, skorsies, pampoen en patats sowel as kersie- en ronde tamaties. Dit beteken Namibiese produsente lewer genoeg vir plaaslike vraag. Uerikua sê akkerbouers het vroeër baie swaargekry om met groot markte mee te ding. Uerikua het met Kosmos 94.1 gepraat wat sê dit is ‘n goeie stap om plaaslike produksie te ondersteun.