Russiese missiel dood 3 in Odesa

Drie mense is vandag dood en minstens 13 beseer in Russiese missielaanvalle op die suidelike Oekraïnse stad Odesa. ‘n Pakstoor van ‘n kettingwinkelreeks, ‘n skool en ‘n woonkompleks is getref en owerhede vrees dat mense onder die puin vasgekeer is. Die aanvalle op burgerlike teikens volg ‘n dag nadat elf mense, waaronder ‘n kind, in ‘n Russiese aanval in Kryvyi Rih dood is. Oekraïne se President Volodymyr Zelensky sê sy land het meer lugverdedigingstelsels en moderne vegvliegtuie nodig.