Gesondheidsorgkundiges in Namibië oor verskillende variante van Covid-19

Openbare gesondheidsorgkundiges in Namibië het gereageer op die verskillende variante van die virus. Die voormalige minister van Gesondheid, dr Bernard Haufiku sê hy is bekommerd oor enige variant en het verwys na die verskillende variante wat in Suid-Afrika, Brittanje, Kanada, Oostenryk en Indië voorkom. Haufiku sê die aandag is meer op Indië, want dié variant is so verwoestend . Hy sê met enige nuwe variant wat kop uitsteek, weet kenners nie wat om te verwag nie en daar moet geleer word om dit te bestuur ..