Kommer oor Indiese variant van Covid-19

Vier gevalle van die Indiese variant van die koronavirus is in Suid-Afrika aangemeld.Dit kom te midde van nuwe oplewings van COVID-19 infeksies in ‘n aantal lande in Suid- en Suidoos-Asië en elders.Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bekendgemaak dat Indië byna die helfte van alle wêreldwye infeksies en ‘n kwart van die sterftes uitmaak wat die afgelope week gerapporteer is. .Die Direkteur-Generaal van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus het Afrikalande intussen gemaan om kennis te neem van dit, en seker te maak dat hulle die noodmaatreëls en in-entings teen die virus nougeset nakom. Hy het gepraat tydens ‘n virtuele konferensie met ministers van Gesondheid in Afrika