Isis-insypelaars steeds aktief in Mosambiek

Meer as 25 duisend mense in die noorde van Mosambiek gaan vir ‘n onbepaalde tyd sonder krag wees. EDM die land se kragvoorsiener het bekendgemaak dat Isis-insypelaars die infrastruktuur in die Cabo Delgado-provinsie tydens aanvalle gevandaliseer het. Die Europese Unie oorweeg dit intussen om gespesialiseerde militêre opleiding aan Mosambiekse soldate te gee om hulle toe te rus om Islamitiese-rebelle te beveg.Portugal het reeds aangedui dat hy troepe sal stuur nadat die Mosambiekse regering die EU genader het soos Josep Borrel die hoof van die EU se Buitelandse Beleid verduidelik.