‘Skoolowerhede moenie leerders se rapporte weerhou’December 8, 2021

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta het ‘n beroep op skoolowerhede gedoen om nie leerders se rapporte te weerhou nie. Makaneta sê dit is teen die wet en skole moet ouers eerder aanmoedig om ‘n erkenning van skuld te teken en nie ‘n rapport weerhou nie. Hy sê die regering moet optree teen skole wat tans die ouers en leerders frustreer.

Op plaaslike bodem, het die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, reeds hul misnoë oor die kwessie uitgespreek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *