Gesondheidsfasiliteite moet toesien dat kragopwekkers werk

Die vakbond vir verpleegpersoneel in die buurland, Denosa, doen ‘n beroep op bestuurders van gesondheidsorggeriewe in Suid-Afrika om toe te sien dat hulle noodkragopwekkers behoorlike nagesien is en reg werk. Eskom is steeds besig om beurtkrag in te stel. ‘n Woordvoerder van Denosa, Cassim Lekhoathi, sê dit is uiters kommerwekkend dat kragopwekkers steeds nie behoorlik onderhou word nie want verpleegpersoneel word dikwels blameer wanneer pasiënte swak diens weens beurtkrag ontvang. Hy voeg by die onderbrekings in bedrywighede by gesondheidsinrigtings moet tot ‘n absolute minimum beperk word: