Gesondheidsbegroting meestal op salarisse bestee

Namibië het in 2001 die Abuja-verklaring onderteken. Luidens die ooreenkoms moet Afrika-lande ten minste 15 persent van hulle jaarlikse begroting toeken aan die verbetering van gesondheidstelsels. Talle lande het uitdagings hiermee en Namibië is geen uitsondering nie. ‘n Groot deel van die begroting wat aan gesondheid toegeken word, word bestee op salarisse maar, ‘n plaaslike ekonoom Jason Kasuto sê Namibië vaar eintlik baie goed.