ReconAfrica sê berig is aanval op sy aandeleprys

ReconAfrica het ‘n mediaverklaring uitgereik in reaksie op berigte wat National Geographic gepubliseer is. Die Kanadese oliereus sê in sy verklaring dat die berig gebaseer is op aantygings deur ‘n anonieme hokaairoeper en verder, dat die berig ‘n aanval op sy aandeleprys is. Volgens ReconAfrica, kan enige persoon ‘n klag by die Amerikaanse Securities Exchange Commission lê en daar is geen vereistes in die verband nie. Die maatskappy het weereens beklemtoon hy kom al sy verpligtinge in verband met Namibiese wetgewing na en is onderhewig aan Namibiese regulasies. In verband met kritiek oor olie-eksplorasie teenoor hernubare energiebronne sê die maatskappy dat die Namibiese regering sy energie-tekorte op alle vlakke ondersoek, wat olie- en gas-eksplorasie insluit.