Geen kommer oor publikasie van ID-nommers nie, dis oral te kry

‘n Kenner in kubersekuriteit het gereageer op berigte dat data van die Namibiese Studente-hulpfonds op die internet geplaas is. Dit sluit ook besonderhede wat die diefstal van hulle identiteit sou toelaat, in. Basie von Solms van die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kuberveiligheid sê deesdae is dit nie meer juis ‘n sekuriteitsbekommernis nie, want hierdie soort inligting, wat name en ID-nommers, en ook addresse insluit, kan reeds op die internet in die hande gekry word.