Geslagsgeweld onder die loep in Limpopo

Regoor die wêreld is afknouery en geslagsgeweld ‘n uitdaging. Vandag lei Limpopo se LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Nkakareng Rakgoale, ‘n veldtog teen boelies, geslagsgeweld en vrouemoord. ‘n Leerder aan die Sekondêre Skool Mbilwi het onlangs selfdood gepleeg nadat ‘n video waar sy geboelie word wyd op sosiale media gedeel is. Die departement se Woordvoerder, Witness Tiva, sê ‘n onderwyser by dieselfde skool is verlede week in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n minderjarige verkrag het: