Namibië ernstig in sy stryd teen korrupsie

Namibië het by die res van die wêreld aangesluit om die Wêreld-teenkorrupsiedag te herdenk, maar die stryd teen korrupsie moet elke dag voortduur. Die dag is in Namibië waargeneem met sterk boodskappe oor die maatreëls om korrupsiemisdade te bekamp. Die direkteur-generaal van die Namibiese Teen-korrupsie Kommissie, Paulus Noa sê Namibië is ernstig in sy stryd teen korrupsie.