Geslagsgeweld – dis nie alleen GRN se werk nie

Daar is jare reeds kommer oor geslagsgeweld in die land en weekliks word gevalle van erge geweld teen vroue en kinders deur owerhede aangemeld. Nog meer kommerwekkend is dat onlangse navorsing deur Survey Warehouse vir Afrobarometer in Namibië toon dat 13 persent van al die respondente glo dat geweld teen vroue altyd geregverdig is. Hoe sal die Namibiese regering die uitdaging oplos? Christie Keulder van Survey Warehouse is aan die woord.