Gerugte dat Putin siek is moet bevraagteken word

Daar is al ‘n geruime tyd bespiegelinge dat Russiese President Vladimir Putin terminaal siek aan kanker is. Die jongste bewerings is weer gemaak deur die Telegram-kanaal General SVR, wat glo sy inligting van Putin se binnekring van lyfwagte kry. Daar is bespiegelings in Rusland dat die 70-jarige Putin aan kanker, vroeë stadium Parkinson se siekte en ander kwale ly. Namibiese politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus die betroubaarheid van dié inligting moet egter bevraagteken word.

Kamwanyah sê verder as die inligting korrek is, sal dit Putin se strategie in die Russies-Oekraïnse oorlog verswak.