GERD is vandag vol, na twee jaar

Die sogenaamde Grand Ethiopian Renaissance-dam is amper vol. Dit het Ethiopiese owerhede amper twee jaar gevat om tot op die huidige vlakke te kom. Die projek is baie omstrede omdat die dam water van die Blou Nyl in beide Soedan en Egipte sal terughou. Albei lande maak staat op die rivier vir landbou en drinkwater. Talle samesprekings is in die verlede gehou en die VSA het ook gasheer vir gesprekke gespeel maar, Ethiopië sê die hidroëlektriese projek, wat hom 4 miljard Amerikaanse dollar kos, is van kritiese belang vir sy ekonomiese ontwikkeling en kragopwekkingsvermoë.