Rassistiese aanvalle op Hamilton na Silverstone

Britse media berig oor voorvalle van aanlyn rassistiese aanmerkings teenoor Lewis Hamilton nadat hy gister ‘n rekord agtste Britse Formule Een Grand Prix in Silverstone gewen het. Volgens Britse media is rassistiese boodskappe, waaronder emoji’s van ape, geplaas nadat Hamilton se Mercedes-span die nuus op Instagram geplaas het. Die 36-jarige wêreldkampioen is ‘n groot voorstander van maatskaplike geregtigheid. Hy het voor die wedren gesê Engelse sokkerspelers se reaksie op rassistiese mishandeling na hul nederlaag teen Italië in die Europese eindstryd het hom geïnspireer.