Generaal en nog 5 vandag in die hof oor Marikana-slagting

Die verhoor van die voormalige adjunk-polisiekommissaris in Noordwes en vyf ander beamptes in verband met die Marikana-slagting in Augustus 2012 is aan die gang in die Hooggeregshof in die provinsie. Generaal Mzondase Mpembe en sy medebeskuldigdes staan tereg op vyf aanklagte van moord, poging tot moord, dwarsboming van die gereg en oortreding van die Kommissiewet nadat hulle vermoedelik vals inligting aan die Marikana-kommissie van ondersoek verskaf het. Die NVG-woordvoerder, Henry Mamothame, sê die saak het ontstaan nadat vyf mense gesterf het tydens ‘n staking deur Lonmin-mynwerkers: