Nog Covid-spuite soek nood-goedkeuring

Moderna sê hy het aansoek gedoen vir magtiging vir die gebruik van sy entstof wat die Omikron-stam teiken. Die maatskappy soek toestemming vir die noodgebruik van sy opgedateerde entstof in twee ouderdomsgroepe – adolessente van 12 tot 17 jaar en kinders van ses tot 11 jaar. Vroeër hierdie week het die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming gesê hy verwag dat entstofversterkers wat sirkulerende variante van die virus teiken, teen middel Oktober beskikbaar sal wees vir kinders van 5-11 jaar. Die aankondiging kom nadat President Joe Biden die pandemie as verby verklaar het. Op grond van finansiële state word daar beraam dat Pfizer en Moderna in 2021 tussen hulle 34 miljard Amerikaanse dollar in winste voor belasting gemaak het, wat uitwerk op meer as ‘n duisend Amerikaanse dollar per sekonde, 65 000 dollar per minuut of 93,5 miljoen dollar per dag.