Diesel in China gerantsoeneer

Stygende koste en dalende voorraad dwing vulstasies in groot dele van China om diesel te begin rantsoeneer. Vragmotorbestuurders in sommige streke is beperk tot slegs 100 liter, ongeveer tien persent van hul tenkvermoë, en die maksimum wat in ander streke toegelaat word is 25 liter. Tekorte aan steenkool en aardgas in China het fabrieke gedwing om te sluit terwyl huise sonder krag gelaat is. Ontleders voorspel ‘n verskuiwing na olie vir kragopwekking en verhitting.